BOLOKANANG KINDER EN JEUGSORGSENTRUM
Bolokanang Kinder en Jeugsorgsentrum is ‘n subprogram van NGMD en is ‘n organisasie sonder winsoogmerk (043-195-NPO)en ‘n openbare weldaadsorganisasie (PBO-930004959). Dit is ‘n sentrum vir Sotho sprekende kinders en is een van talle sentrums in die Vrystaat.
Hier woon dertig kinders vanaf tien maande tot veertien jaar. Baie van die kinders het geen ouers meer nie, ander het nie familie wat na hulle kan omsien nie. Hulle is deur die hof sorgbehoewend bevind en na die sentrum gestuur.
Die sentrum is geleë aan die oewers van die Modderrivier naby Maselspoort.
Bolokanang se kinders is baie dankbaar vir Maselspoort se betrokkenheid by hierdie fasiliteit. Nie alleen het hulle skenkings gegee in die vorm van yskas, faksmasjien, beddegoed, skryfbehoeftes, meubels, swaaie en gordyne nie, maar hulle personeel is ook aktief betrokke om kinders met leerpobleme weekliks met baie geduld en liefde te help.
Die aanbieding van verskillende sportfasiliteite (sokker, netbal, tennis, krieket ens. elke Donderdag by Maselspoort, is vir die kinders ‘n hoogtepunt.
Met die restourasie van geboue is daar ook gehelp en finansieel bygedra.
Met elke verjaarsdag is daar groot opgewondenheid oor die pragtige koeke wat vir elke kind wat verjaar persoonlik afgelewer word.
Die kinders se opgewondenheid is nog verder verhoog deurdat foto’s van hulle geneem is en hulle elkeen ‘n album gaan kry wat sy of haar eiendom gaan wees.
‘n Uitstappie na Maselspoort, ‘n besoek aan die sirkus en die skou het die kinders baie plesier en baie stories wat hulle kon vertel, gegee.
Maselspoort se personeel het regtig gereageer op die oproep aan die gemeenskap om betrokke te raak by hierdie kinders. Enige donasie in enige vorm van goed wat kinders nodig het, is altyd baie welkom.
Indien u wil betrokke raak, kan u skryf na die volgende e pos adres: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. Vir meer inligting besoek ons webwerf by www.vironskinders.org.za