22 February 2007 |
|
ALMAL GENOOI OM PLANNE VIR NUWE ONTWIKKELING TE BESIGTIG 'n Opedag word Woensdag 24 Januarie 2007 by Maselspoort gehou. Dit hou verband met die beplande herontwikkeling van hierdie gewilde oord. 'n Uitstalling waarin die vernaamste aspekte van die planne uitgelig word, sal te sien wees terwyl al die adviseurs wat die navorsing en beplanning vir die beoogde projek gedoen het, teenwoordig sal wees om vrae van besoekers te beantwoord. Dr Chris Mulder, van die firma CMAI wat aan die hoof van die profesionele beplanningspan staan, het aan die Volksblad gesê die ope dag deel vorm van die openbare deelname, waarvoor die goedkeuringsproses voorsiening maak. "Besoekers aan die uitstalling sal die geleentheid hê om skriftelik kommentaar te lewer. Hierdie kommentaar sal deel vorm van die voorlegging wat die ontwikkelaars uiteindelik aan die owerhede vir goedkeuring maak." Meneer Reg Krohn het gesê die huidige konsep het egter verouder geraak. "Om by vandag se veranderende tye aan te pas, was dit noodsaaklik dat ons n nuwe visie vir Maselspoort moet vind. Om van die beste elemente van die verlede behou, maar terselfde tyd ook eietydse behoeftes te bevredig. Hierdie nuwe visie is waaroor die opedag Woensdag gaan." Hy het gesê toe die nuus van die beplande herontwikkeling rigbaar geword het, was daar baie mense wat gevrees het dat hulle voortaan toegang tot die oord ontsê sou word. "Dit was nie beplan nie. Die oorspronklike ontspanningsgeriewe vir die Dag Besoekers word behou terwyl oornagsbesoekers in huurpoelhuise sal kan tuisgaan. Die konferensie geriewe word grootliks verbeter en sal 'n sleutel deel van die ontwikkeling bly". Mnr Krohn het gese hierbynewens sal ook 400 huise gebou word terwyl daarby voersiening gemaak word vir geriefswinkels en kantooruimte. "Wat hierdie konsep egter anders maak, is die beginsel van 'n stapbare dorpie; een waarin niemand verder as vyf minute se stap van die inkopie en onstspanningsgeriewe sal wees nie; een waar voetgangers voorkeur bo voertuie sal kry en een waarin tuinerye en boomryke strate sal oorheers. Wat ons hier op die wal van die Modderrivier wil skep, is 'n ontvlugtingsoord in die ware sin van die woord, 'n plek waar mense in 'n landelike omgewing kan woon, kinders kan groot maak en waarin 'n hegte gemeenskappie tot stand kan kom" Dr Mulder het gesê daar is in die herbeplanning van die oord ten volle oorleg gepleeg met die bestuur van Boyden Sterrewag, wat daarnaas geleë is. "Ons is maar alte bewus van die belangrikheid, ook op internasionale terrein, van die navorsing wat hier gedoen word. Van die ontwikkelaars se kant sal alles moontlik gedoen word om LIG en LUG besoedeling tot die miminum te beperk om so die wetenskaplikes se taak te help vergemaklik." Die Ope Dag duur van 12h00 tot 19h00.
Uitgereik deur: De Kock Kommunikasie |